
Geloftedag 16 Desember 2024
As ons Die Gelofte eerbiedig sal God weer ons gebede verhoor.
Deur Mila Fourie
22 Sept 2024
Selfs die mees vlugtige blik na ons huidige samelewing maak dit duidelik dat Blankes in Suid-Afrika oppad is na die afgrond. Daar reeds 700,000 boere uit ’n totale bevolking van 4,5 miljoen in Suid-Afrika wat in plakkerskampe en armoede leef, ’n skokkende persentasie van 15,5 % of 1 uit elke 6 Blankes.
Daar is diegene onder ons Volk wat hul rug op God gekeer het, asof Jesus Christus verantwoordelik is vir ons dilemma. Hy is nie. En Sy Naam het nie verander nie. Hy is nog steeds Jesus, een met Ons Hemelse Vader en die Heilige Gees. Dit is tyd om onsself die vraag te vra: Wat sê God van ons huidige situasie as Boere? Ek glo die volgende is, in essensie, die antwoord wat ons terugontvang:
~ God het nie verander of teruggegaan op Sy beloftes aan die Boerevolk nie.
~ Die Boerevolk het verander en teruggegaan op ons beloftes aan God.
Hier is die Gelofte wat ons Volk afgelê het op 16 Desember 1838 (vertaal uit die oorspronklike Nederlands):
Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om 'n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag soos 'n Sabbat tot sy eer sal deurbring, en dat ons 'n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.
Die Boerevolk se rekord:
~ Die Voortrekker Monument is gebou; hierdie deel van die Gelofte is nagekom.
~ Ons vier nie meer, jaarliks op 16 Desember, Geloftedag as Volk nie; hierdie deel van die Gelofte is verbreek.
~ Ons leer nie meer ons kinders van die Gelofte nie; hierdie deel van die Gelofte is verbreek.
Die Oplossing:
~ Woon hierdie jaar, 2024, op 16 Desember ’n Geloftediens by waar die oorspronklike Gelofte gelees en eerbiedig word, of hou self so ’n Geloftediens by jou huis. Jy is die Hoëpriester van jou gesin, doen dit self as dit die enigste uitweg is.
~ Oorweeg dit sterk om jou kinders Tuisskool-opleiding (“homeschooling”) te gee indien dit die enigste manier is om hulle te onderrig in die waarheid van Jesus Christus en ons Gelofte aan God. Tuisskoolopleiding lewer resultate gemiddeld 15% tot 30% hoër as Publieke skole, so gaan lees gerus meer oor die onderwerp en lei jou kinders op die regte pad.
Boere Christen Unie
Jesus is Koning!



