
Rusland dreig Amerika met Kernoorlog
Deur Gerrit Pelser
28 Sept 2024
Wysiging van Rusland se Kernoorlog-Doktrine:
Vladimir Putin het op 25 September wysigings aan die nasie se kernbeleid voorgestel, om die doktrine vir die gebruik van kernwapens uit te brei na gevalle waar 'n Kernmoondheid (soos Amerika) Ukraine bystaan om Rusland aan te val:
~ Rusland sal dit oorweeg om kernwapens te gebruik na ontvangs van betroubare inligting oor 'n massiewe lansering van lug- en ruimteaanvalwapens, insluitend taktiese vliegtuie, kruis- en hipersoniese missiele en hommeltuie, en hul kruising van die land se staatsgrens;
~ Rusland behou die reg voor om kernwapens te gebruik in die geval van aggressie teen Belarus as 'n lid van die Uniestaat;
~ Agressie teen Rusland deur enige nie-kernstaat met die deelname of ondersteuning van 'n kernstaat, sal gesien word as hul gesamentlike aanval op die nasie. Dit beteken dat indien Ukraine Amerikaanse missiele tot diep in Rusland skiet, Rusland Amerika met atoombomme kan aanval.
Orkaan Helena:
Orkaan Helena word as die “Ergste orkaan in moderne geskiedenis” vir die Amerikaanse staat Noord-Carolina besryf. Inwoners wat nie hul huise ontruim het in Florida nie, is aangeraai om hul name op hul lywe te skryf vir maklike uitkenning van hul lyke na die orkaan.
Goudprys styg:
Die goudprys het so hoog as $2650 per fyn ons bereik. Hierdie tendens sal waarskynlik voortduur so lank as wat die oorlog in Ukraine aanhou.



