
Nederlandse Hof gee Bill Gates 'n loesing oor Covid-19
Deur Gerrit Pelser
24 Okt 2024
BILL GATES MOET VOOR 'N NEDERLANDSE HOF VERSKYN OOR COVID-19 ENTSTOFBESERINGS EN IS BEVEEL OM DIE REGSKOSTE TOT DUSVER VAN DIE SAAK TEEN HOM TE BETAAL
’n Nederlandse hof het beslis dat die miljardêr en wêreldwye entstofvoorstander, Bill Gates, in November in Nederland verhoor sal word oor sy betrokkenheid by die misleiding van die publiek oor die veiligheid van COVID-19 entstowwe, en Gates is beveel om die regskoste van sy onsuksesvolle spesiale Jurisdiksie pleit te betaal, het The Defender berig. Die saak, aangevoer deur sewe eisers wat beweer dat hulle entstofbeserings opgedoen het, is 'n beduidende slag vir Gates, wat 'n sleutelfiguur was om COVID-19-inentingspogings wêreldwyd te bevorder.
Volgens die Nederlandse koerant De Telegraaf het die eisers verlede jaar die regsgeding aanhangig gemaak en Gates as een van 17 verweerders benoem, saam met die voormalige Nederlandse Eerste Minister en huidige NAVO-sekretaris-generaal Mark Rutte, lede van die Nederlandse regering se COVID-19 Bestuurspan, Pfizer se uitvoerende hoof Albert Bourla, en die Nederlandse staat self. Gates is volgens die klagstaat een van die "kundiges" wat verskeie aansprake gemaak het oor die COVID-eksperimentele entstowwe:
~ Hy het gesê die entstof sal Covid-oordrag stop.
~ Hy het gesê dat ingeënte persone kan ophou om 'n masker te dra.
~ Hy het gesê dat ingeënte persone nie Covid sal kry nie.
~ Hy het gesê dat ingeënte persone nie sal sterf nie.
Die eisers voer aan dat Gates, deur sy betrokkenheid by die Bill & Melinda Gates-stigting en die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF), betrokke was by 'n verreikende agenda - waarna verwys word as "The Great Reset Project" - wat probeer het om die globale pandemie te gebruik om ingrypende samelewingsveranderinge te implementeer, alles onder die dekmantel van “Die Pandemie”. Een van die sewe eisers is glo dood sedert die aanvanklike indiening van die klagte teen Gates, wat ses ander gelaat het om die stryd teen Bill Gates en sy trawante voort te sit. Hierdie gewone Nederlandse burgers, wie se identiteit uit die hofstukke geredigeer is, sê hulle het die entstof-narratief geglo en betaal nou die prys daarvoor.
Die eisers het verwys na verskeie openbare verklarings wat deur Gates gemaak is, insluitend sy berugte YouTube-video van April 2020 getiteld "The Race for a COVID-19 Vaccine, Explained", as deel van hul bewyse.
Dit word wyd verwag dat hierdie die eerste van ’n lang reeks wêreldwye hofsake teen Bill Gates gaan wees, na aanleiding van sy promosie van die Covid-19 inentings.



